Suid-Afrika het ’n kragtige boodskap aan die hokkie gemeenskap gestuur, toe hulle Turkmenistan oortuigend geklop het in hul jongste wedstryd by die IIHF-wêreldtoernooi in Kaapstad.
Uitverkoopte arena skep elektriese atmosfeer
Die uitverkoopte Ice Station by GrandWest was propvol, met ‘n begeesterde skare wat vir ’n ongelooflike atmosfeer gesorg het. Onder luide ondersteuning van die tuisskare het Suid-Afrika met energie en vasberadenheid gespeel en van die eerste fluitjie af die tempo bepaal.
SA wys hul staal
Na hul naelskraapse nederlaag teen Mexiko vroeër in die toernooi en swakker vertoning teenoor Turkye, het die Suid-Afrikaners teruggeveg met ’n indrukwekkende spanvertoning. Hulle het georganiseerd verdedig, vinnig in die aanval oorgeskakel en hul kanse klinies benut om Turkmenistan op die agtervoet te hou. Sien ook: https://nuusflits.com/iihf-toernooi-skop-af-in-kaapstad/
Geen relegasie
Hierdie oorwinning is meer as net drie punte op die tabel – Dit beteken dat Suid-Afrika nie gerelegeer gaan word nie. Dit is ook ’n duidelike teken dat Suid-Afrikaanse yshokkie besig is om momentum te bou. Met ’n groeiende ondersteunersbasis en verbeterde prestasies op die ys, is dit duidelik: Suid-Afrika gaan nie meer geïgnoreer kan word op die internasionale verhoog nie.
Die span se selfvertroue groei met elke wedstryd, en met die tuisskare agter hulle, kan hulle nog ’n groot rol speel in die res van die toernooi.
Vir meer foto’s, klik hier. Foto’s deur Johan Maree aXnShots.





