Brekende Nuus
Afrikaans

Zimbabwe-man vertrap toe hy selfie saam met olifant wou neem

Dit is nie die eerste keer in dié land wat mense vertrap word deur olifante terwyl hulle foto’s saam met die diere wou neem nie.

Zimbabwe-man dood toe hy selfie saam olifant wil neem
Zimbabwe-man dood toe hy selfie saam olifant wil neem Foto: WWF

HARARE. – ‘n Man van Zimbabwe is deur ‘n olifant vertrap en sy vriend beseer toe hy ‘n foto van hom saam met ‘n olifant wou neem.

Die slagoffer se naam is nog nie bekendgemaak nie. EWN berig die voorval het in ‘n boerderydistrik naby die sentrale stad Kwekwe gebeur.

Nie die eerste keer wat olifant man vertrap

Daar word verder berig twee olifante is na die voorval deur parkwagters doodgeskiet. Die eerste een is na die voorval geskiet. Die tweede olifant is geskiet omdat hy op pad was na die Kwekwe-woongebiede.

Dit is nie die eerste keer in dié land wat mense vertrap word deur olifante terwyl hulle foto’s saam met die diere wou neem nie.

LEES OOK: WSU-student doodgesteek na opmerking oor ‘moetie’

LEES OOK: ‘Vermiste’ Pretoria-man veilig en ongedeerd gevind

Volg Nuusflits hier vir die nuutste nuus.

Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.