Zimbabwiese burgers kry lewenslange tronkstraf vir kinderhandel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Johannesburg-hooggeregshof het drie Zimbabwiese burgers tot effektiewe lewenslange tronkstraf gevonnis, nadat hulle skuldig bevind is aan onder meer mensehandel, bedrog en die gebruik van vervalste dokumente. Hilda Tenengan is met vier minderjarige kinders op 1 Augustus 2022 by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.

Volgens Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê die vrou wou met vervalste dokumente met die kinders reis. Verdere ondersoek het getoon dat die beskuldigdes glo deel was van ’n plan om die kinders, wat wees was, onwettig na Ierland te smokkel. Sthembiso Mlauzi en Kumburai Andrew Masimo het hulle ook as familielede van die kinders voorgedoen. Die beskuldigdes is aanvanklik op borg vrygelaat, maar dit is later gekanselleer.Die hof het elke beskuldigde vier lewenslange vonnisse opgelê vir mensehandel, terwyl addisionele strawwe vir bedrog, besit van vervalste dokumente en oortreding van die immigrasiewet saam met die lewenslange vonnisse uitgedien sal word.

Die NVG sê die uitspraak stuur ’n sterk boodskap oor Suid-Afrika se verbintenis om mensehandel te bekamp en kwesbare kinders te beskerm.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief