10 dood in skoolskietery in Kanada

Lees ook :

Foto ter illustrasie

KANADA. – 10 persone, onder wie die vermeende skieter, is dood in ‘n massaskietery in die gemeenskap van Tumbler Ridge, Kanada. Minstens 25 persone is beseer.

Volgens CBC is ses slagoffers in die Sekondêre Skool Tumbler Ridge dood en nog een is op pad hospitaal oorlede. Die polisie glo die dood van twee persone in ‘n nabygeleë huis hou ook verband met die skietery.

Die enigste verdagte is binne die skool dood aangetref weens “’n selftoegediende besering”.

’n Graad 12-leerder aan die skool het gesê hy en sy klasmaats is vir meer as twee uur agter geslote deure ingeperk. “Dit het gevoel asof ek êrens was wat ek net op televisie gesien het,” het hy gesê.

Beamptes glo hulle het die skieter geïdentifiseer, maar het gesê hulle sal waarskynlik “sukkel” om ooit ’n motief vas te stel vir wat een van die dodelikste skoolskieterye in Kanada se geskiedenis is.

Kanada se eerste minister, Mark Carney, het gesê hy is “verpletter” deur Dinsdag se “afgryslike” skietery wat tien mense gedood het.

Bronne: CBC, TRT World

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief