Brekende Nuus
Afrikaans

Tatoe-kunstenaar (106) pryk op ‘Vogue Philippines’-voorblad

Sy het die metode op 16-jarige ouderdom van haar pa geleer.

Apo Whang Od
Foto: Apo Whang Od Facebook-blad

Apo Whang-Od, wat ook as Maria Oggay bekend is, word is 106 jaar oud.

Hierdie inheemse inwoner van die Filippyne pryk op die voorblad van Vogue Philippines se April-uitgawe wat Vrydag op die rakke verskyn het.

Sy word as die oudste tradisionele tatoe-kunstenaar gereken.

Whang-Od is van ‘n bergdorpie Buscalan.

Sy het bekend geraak toe sy 1000-jaar oue “batok” tatoe-tegniek bemeester het.

Dit is ‘n tik-metode waartydens houtskool, roet en ‘n skerp stok gebruik word.

Whang-Od het die metode op 16-jarige ouderdom van haar pa geleer.

“Apo Maria ‘Whang-od’ Oggay symbolizes the strength and beauty of the Filipino spirit,” het Vogue Phillipines op Twitter geplaas.

Bronne: Vogue Philippines, NBC News en Apo Whang Od-Facebook-blad