11-jarige gee geboorte – ma en haar kêrel in hof

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname DA

WES-KAAP. – ‘n 11-jarige meisie is na bewering deur haar ma se kêrel verkrag en swanger gemaak. Sy het onlangs geboorte gegee aan ‘n babaseun. In die saak wat die gemeenskap van Atlantis geskok het, het een van die beskuldigdes Dinsdag weer in die Atlantis-landdroshof voorgekom.

Volgens DA-LP Glynnis Breytenbach, tesame met DA-verteenwoordigers Lisa Schickling en Damian Klopper, wat Woensdag ter ondersteuning aan die slagoffer en die gemeenskap die hofsaak van die manlike beskuldigde bygewoon het, is die saak uiters kommerwekkend. Die DA het beklemtoon dat elke kind ‘n grondwetlike reg het om teen mishandeling beskerm te word en dat die party altyd sal opstaan vir kinders en teen misdadigers wat hulle skade aandoen.

Polisiewoordvoerder, kapt. F.C. van Wyk, het aan Nuusflits bevestig dat ‘n saak van seksuele misbruik aanvanklik by die Atlantis-polisiekantoor geregistreer was, waarna dit na die Milnerton-eenheid vir gesinsgeweld, seksuele mishandeling en kinderbeskerming GKS) oorgedra is vir verdere ondersoek. ‘n 30-jarige vrou is in hegtenis geneem, waarna ‘n 32-jarige man op 15 Mei vir dieselfde saak op ‘n lasbrief in hegtenis geneem is. Hy is voorheen en weer gister in die Atlantis-landdroshof verskyn.

Nuusflits het NVG om kommentaar gevra.

Bronne: SAPD, DA, Son Koerant,

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief