WES-KAAP. – 11 lede van die teen-bende-eenheid van die polisie het Maandag op vier aanklagte van ontvoering, vier aanklagte van aanranding met die opset om ernstige liggaamlike skade te veroorsaak, marteling, moord en poging tot regsverydeling in die Athlone-landdroshof verskyn. Die aanklagte hou verband met die dood van Wade Price (31) en die beweerde aanranding op sy vriende.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê die saak is vir verdere ondersoek tot 5 Maart uitgestel. Tien van die beskuldigdes appelleer teen die hof se beslissing om hulle borgtog te weier. Die appèl sal Dinsdagoggend om 10:00 in die hooggeregshof aangehoor word.
Price is glo ondervra oor ‘n moord, waarna hy gesterf het. Die polisie het aanvanklik aangedui dat hy oor oorpyn gekla en daarna inmekaargesak het.





