Brekende Nuus
Nuus

110 gesteelde hoenders teruggevind

Foto: Mi7

KWAZULU-NATAL. – Mi7 Port Shepstone se gewapende reaksiespanne het 110 gesteelde hoenders teruggevind nadat hulle ure lank inligting oor ’n veediefstal opgevolg het. Sowat 142 hoenders, tien kratte en ’n kruiwa is aanvanklik van ’n plaas gesteel.

Mi7 het volgens die maatskappy se verklaring onmiddellik begin om inligting deur sy plaaslike informante in omliggende gemeenskappe in te samel. Inligting het die spanne na die Louisiana-gebied gelei, waar hoenders wat vermoedelik met die diefstal verbind word, glo verkoop is. Kort ná 03:00 is ’n eiendom geïdentifiseer waar die spanne hoenders kon hoor en kratte met die eienaar se merke opgemerk het. Die eienaar is ontbied en het die hoenders en kratte as dié wat van die plaas gesteel is, geïdentifiseer. Die saak is vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig. 

Van die sowat 142 hoenders wat aanvanklik gesteel is, is 110 teruggekry, terwyl die res nie op die eiendom gevind is nie.