VRYSTAAT. – Altesaam 12 mense is in hegtenis geneem, ná die beweerde gemeenskapsgeregtigheid en moord van ’n buitelandse veewagter by Mashaeng Commonage naby Fouriesburg.
Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Donderdag die man se liggaam met verskeie kneusplekke en oogbeserings gevind. Volgens die voorlopige ondersoek is die veewagter daarvan beskuldig dat hy ’n lam gesteel het. Hy is na bewering aangerand nadat die lam se kop en bene naby ’n dam gevind is. Die ondersoek het tot die inhegtenisneming van 12 verdagtes tussen 24 en 59 jaar gelei. Tien is buitelandse burgers en twee Suid-Afrikaners van Mashaeng.
Die verdagtes staan tereg op aanklag van moord en sal na verwagting Maandag, in die Fouriesburg-landdroshof verskyn.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: