ISLAMABAD. – 12 mense is dood in ‘n selfdoodbomaanval buite ‘n hof in Islamabad. 27 mense is in die aanval beseer.
Lees ook: Pakistan en Indië bereik skietstilstand
Die minister van binnelandse sake, Mohsin Naqvi, het gister gesê die aanvaller het probeer om “by die hof in te gaan, maar kon nie en het toe ‘n polisievoertuig geteiken”. Jamaat-ul-Ahrar het later verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.
Die bomaanval word ondersoek.
Verskeie voorvalle het die afgelope week in Pakistan voorgekom, met militante wat Maandag ‘n universiteit vir kadette naby Wana met ‘n karbomaanval en Taliban-Pakistan-vegters geteiken het. Hulle wou glo mense gyselaars neem.
Daar was Maandag ook ‘n aanval op ‘n konvooi in Loni Village toe ‘n bom naby die konvooi ontplof het en twee operasies waarin Taliban militante in Khyber Pakhtunkhwa doodgeskiet is.
Bronne: BBC, The Independent, ABC
Lees ook: Pakistan en Indië bereik skietstilstand





