Brekende Nuus
Afrikaans

Dodetal styg in Filippyne ná tifoon Fung Wong 100’e in Taiwan laat ontruim

Dodetal styg in Filippyne na tifoon Fung Wong, duisende ontruim in Taiwan

fotokrediet: X
Dodetal styg in Filippyne na tifoon Fung Wong, duisende ontruim in Taiwan fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Die dodetal in die Filippyne as gevolg van tifoon Fung Wong het tot 25 gestyg. Reddingswerk is steeds aan die gang om oorlewendes en liggame op te spoor.

Lees ook: Meer as miljoen mense vlug voor tifoon Fung Wong in die Filippyne

‘n Woordvoerder van die Cagayan Valley-streek, Alvin Ayson, het gesê verskeie dorpe is deur tifoon Fung Wong van hulp afgesny en dat grondverskuiwings reddingswerkers daarvan weerhou om die gebiede te bereik.

Meer as 8 300 mense is in Taiwan ontruim voordat tifoon Fung Wong vanoggend getref het. Sover is 51 mense in die oorstromings en swaar reën beseer.

Tifoon Fung Wong het getref slegs ‘n paar dae nadat tifoon Kalmaegi 193 menselewens geëis het.

Bronne: The Straits Times, CNA, DW – South Africa

Lees ook: Meer as miljoen mense vlug voor tifoon Fung Wong in die Filippyne