12 senior polisiebeamptes in hegtenis oor beweerde tenderkorrupsie van R360 m.

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Altesaam 12 senior polisiebeamptes en ’n maatskappydirekteur is in hegtenis geneem in verband met beweerde korrupsie in die toeken van ’n tender van R360 miljoen aan Medicare 24.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG se ondersoekdirektoraat teen korrupsie (IDAC), het bevestig dat die inhegtenisnemings verband hou met die beweerde onreëlmatige toekenning van die tender. Die beskuldigdes sal binnekort hul eerste verskyning op aanklagte van korrupsie, bedrog en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) maak.

Brig. Athlenda Mathe, die polisie se nasionale woordvoerder, is tans op pad na die Pretoria-Sentraal-landdroshof om die hofverrigtinge by te woon. Meer besonderhede sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is.

Nuusflits het voorheen berig, dat die departement van openbare werke en infrastruktuur ’n huurkontrak met Medicare 24 Tshwane-distrik beëindig het, ná ernstige bewerings oor hoe die kontrak toegeken is. Dit is ‘n maatskappy wat glo aan Vusimuzi “Cat” Matlala verbind word en hou verband met ’n hospitaalfasiliteit in Pretoria-Wes. ’n Interne ondersoek bevind dat die huurkontrak nie regmatig in werking kon tree nie, aangesien die betrokke hospitaalfasiliteit nooit deur die polisie as surplus verklaar is nie. Ingevolge die Wet op Bestuur van Regerings- Onroerende Bates van 2007 bly die SAPD die aangewese gebruiker van die eiendom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief