13 in hegtenis ná brand in Hong Kong

Lees ook :

13 in hegtenis vir brand in Hong Kong fotokrediet: X

HONG KONG. – Owerhede in Hong Kong het gister gesê 13 mense is in hegtenis geneem vir manslag ná ‘n massiewe brand waarin 151 mense verlede week oorlede is.

Lees ook: Brand by residensiële gebou in Hong Kong eis 4 lewens

‘n Polisiebeampte het gesê nog 40 mense is vermis en dat “sommige van die liggame in as verander het, so ons gaan dalk nie al die vermiste mense kan kry nie”.

Verskeie woonstelblokke het verlede week aan die brand geraak by die Wang Fuk Court-kompleks in Hong Kong, waar tot dusver 151sterfgevalle aangemeld is.

Owerhede het gesê toetse het getoon dat die materiaal wat gebruik is vir verbouings aan die geboue nie aan die brand-bestande standaarde voldoen het nie en dat die brandalarms by die kompleks nie gewerk het nie.

Bronne: IOL, Sky News, CNBC

Lees ook: Brand by residensiële gebou in Hong Kong eis 4 lewens

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief