HONG KONG. – Vier mense, insluitend ‘n brandbestryder, is dood nadat ‘n brand by ‘n residensiële gebou in Hong Kong uitgebreek het.
Lees ook: Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat
Volgens die polisie is agt mense beseer, insluitend drie wat bewusteloos was toe hulle gered is.
‘n Onbekende aantal mense is in die Wang Fuk Court-gebou vasgekeer.
Brandbestryders is steeds op die toneel besig om die brand te blus. Volgens verslae het die brand versprei deur die bamboessteierwerk wat aan die buitekant van die gebou geplaas is.
Bronne: BBC, The Independent, Sky News
*opdatering: 36 mense is oorlede en 279 mense is steeds vermis. Die brand is nog nie onder beheer nie.
Lees ook: Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat





