14-jarige wat glo 8- en 9-jarige verkrag, in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ’n Tienerseun (14) het Donderdag op twee aanklagte van verkragting, wat na bewering op 3 Januarie in die Gravelotte-polisiëringsgebied gepleeg is, in die Namakgale-landdroshof se spesiale hof verskyn.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, brig. Hlulani Mashaba, is die saak op 6 Januarie onder polisie-aandag gebring nadat ’n seun sy voog ingelig het ‘n bekende persoon het hom en ‘n meisie omstreeks 15:00 glo na bosse naby ’n spoorlyn gelok. Hier is een van die kinders na bewering deur die verdagte tiener verkrag, waarna hy die seun die meisie laat verkrag het. Die voorval is by die polisie aangemeld, waarna die slagoffers, onderskeidelik agt en nege jaar oud, na ‘n hospitaal geneem waar ‘n mediese ondersoek die beweerde verkragting bevestig het. Die tienerseun is op dieselfde dag in hegtenis geneem.

Hy sal weer op 5 Februarie op aanklagte van verkragting en gedwonge verkragting in die hof voorkom. Volgens die polisie duur die ondersoek voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief