TAIWAN. – 14 mense is in Taiwan in stormvloede dood nadat supertifoon Ragasa, een van die sterkste orkane die jaar, gister op die gebied afgepyl het.
Lees ook: Supertifoon op pad na China – byna 400 000 mense word ontruim
Drie mense in die Filippyne is Dinsdag as gevolg van Ragasa oorlede. Die supertifoon het China gister getref, maar het verswak na ‘n sterk tifoon wat na verwagting na die Golf van Tonkin tussen Suid-China en Viëtnam sal beweeg.
Owerhede het gewaarsku swaar reën en sterk winde sal regoor suidelike China voortduur.
Bronne: NBC News, The Weather Channel, BBC
Lees ook: Supertifoon op pad na China – byna 400 000 mense word ontruim





