INTERNASIONAAL. – Supertifoon Ragasa, die sterkste storm hierdie jaar, is op pad na suidelike China nadat dit die Filippyne getref het. Sowat drie mense is in die Filippyne dood en verskeie is verplaas ná oorstromings en grondverskuiwings wat deur die tifoon veroorsaak is. Sowat 17 500 mense is in die Filipynne uit hulle huise gedwing en vyf is vermis.
Lees ook: Supertifoon tref Filippyne, duisende ontruim
‘n Sein 8-waarskuwing is in Hong Kong uitgereik met die supertifoon nou op pad soontoe. Owerhede het gesê dit sal China moontlik later vandag of môre tref. Sowat 400 000 mense is in China uit hulle wonings ontruim. Verskeie vlugte is gekanselleer en skole en besighede is gesluit.
Bronne: The Independent, CNN, BBC





