Brekende Nuus
Politiek

142 072 kandidate genomineer vir 2026- plaaslike verkiesings

Foto: IEC

Altesaam 142 072 kandidate is genomineer om 10 526 setels in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November te betwis. Dit is sowat 43% meer as die 99 000 nominasies wat vir die 2021-verkiesing ontvang is.

Kate Bapela, woordvoerder van die Verkiesingskommissie (OVK), het gesê die kommissie is nou besig om die nominasies te ondersoek om seker te maak dat aan al die wetlike vereistes voldoen word. Die finale kandidaatlys sal op 16 September bekend gemaak word. Sertifikate van kandidatuur sal op 25 September uitgereik word.

Van die genomineerdes is 40 241 deur politieke partye vir proporsionele verteenwoordiging en 100 856 vir wykssetels genomineer. Nog 975 onafhanklike kandidate is vir wykssetels genomineer. Mans maak sowat 62% van die nominasies uit, teenoor 38% vroue, terwyl 58% van die kandidate tussen 36 en 55 jaar oud is. Altesaam 546 van die 732 geregistreerde politieke partye neem aan die verkiesing deel, wat 75% van die geregistreerde partye verteenwoordig.

Die OVK het verder bevestig 2 274 potensiële kandidate is op die aanlyn stelsel vasgelê, maar nie voor die sperdatum finaal ingedien is nie. Hulle word dus nie tans as kandidate vir die verkiesing beskou nie.

Druk hier om meer te lees.