16 Maart | Hoop uit die Woord: ‘n Laaste toevlug

Lees ook :

16 Maart | Hoop uit die Woord: 'n Laaste toevlug
16 Maart | Hoop uit die Woord: 'n Laaste toevlug

Dié rubriek is deur Carel Anthonissen geskryf

Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë!

Psalm 118:23

Psalm 118 waaroor ons vandag saam nadink, is allereers die dank-en-pryslied van ‘n enkeling.

Na allerlei aanvegtinge en hulpkrete na Bo, ontdek die individu opnuut God se troue liefde wat mense in nood kan help en bystaan. En daarvoor begin hy dan God onophoudelik dank en prys (Ps 118:1-14, 28-29).

Maar nou gaan hy ook ‘n stap verder. Hy hou sy blyvolle ontdekking en lof nie net vir homself nie. Hy neem dit tempel toe, getuig daarvan in die gemeenskap van gelowiges. Sodat almal rondom hom later met verwondering begin uitroep: “Dít (hierdie uitredding) is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë!” (Ps 118:23).

En so versterk hy nie net hulle geloof nie, maar word sy geloof ook deur hulle herken, beaam en versterk.

Oor hierdie versterking van ‘n mens se geloof deur die ander skryf die Duitse teoloog, Helmuth Thielicke, aangrypend:

“‘n Paar jaar gelede vertel iemand aan ‘n vriend van my die volgende: ‘Ná die oorlog kon ek nie langer glo nie. Ek het te veel gesien. Maar ek het oorleef, omdat ek geweet het daar is nog mense wat kan glo’. Met ander woorde, hy het bly kyk na hulle wat die moed gehad het om nog te bid, hulle wat skynbaar die selfvertroue ontvang het wat hy gemis het.”

“Miskien”, so skryf Thielicke dan, “bly dit ons laaste toevlug wanneer die donker wolke ons oorval. Om te weet daar is ‘n gemeente wat God nog dank en prys, ‘n skare gelowiges wat hulle hande namens my oplig wanneer ek geen woord meer kan uiter nie. Of so siek en gedaan is dat ek nie meer beheer oor my eie stem of gedagtes het nie.”

Is dit nie wonderlik nie – dat God ons só deur die geloof van ander kan dra nie?

O Here, dankie vir hulle wat my vandag deur hulle gebede en geloof bly dra. Amen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief