Brekende Nuus
Afrikaans

17 mense doodgeskiet in Lusikisiki

17 mense dood in Lusikisiki

fotokrediet: SAPD
17 mense dood in Lusikisiki fotokrediet: SAPD

Lees ook: Verskeie weerwaarskuwings vir vandag uitgereik

LUSIKISIKI, OOS-KAAP. – Altesaam 17 mense is Saterdag dood in ‘n massaskietery in Lusikisiki. By die een huishouding is 12 vroue en een man geskiet en drie vroue en een man is by nog ‘n huishouding in dieselfde straat doodgeskiet. Die agtiende slagoffer is in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal. Altesaam ses mense het die aanval oorleef, waaronder ‘n baba van slegs twee maande oud.

Die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, het maksimum hulpbronne gemobiliseer om die moordenaars vas te trek. Hy het ‘n spesiale span speurders en forensiese kundiges, insluitend misdaadtoneelbestuurders van Pretoria, ontplooi om die moordenaars so gou moontlik voor die gereg te bring. Die rede vir die skietery is onbekend.

Opdatering: Die agtiende slagoffer is in die hospitaal oorlede. Die polisie-ondersoek duur voort.

Bronne: SAPD

Lees ook: Verskeie weerwaarskuwings vir vandag uitgereik