2-jarige sterf, pa ernstig beseer in voetgangerongeluk

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – ‘n 2-jarige is dood en haar pa is ernstig beseer nadat hulle Woensdagaand deur ‘n bakkie by die kruising van Wartski-rylaan en die R620 in Margate raakgery is. Volgens voorlopige inligting het die bestuurder van ‘n bakkie glo gedink ‘n tak van ‘n boom het die voertuig getref. Eers nadat die voertuig tot stilstand gekom het, is die slagoffers opgemerk.

Craig Botha, KwaZulu Private Ambulance Service-woordvoerder, sê paramedici is omstreeks 17:30 na die toneel ontbied, nadat daar rapporteer is dat twee voetgangers, wat op pad na ‘n plaaslike taxistaanplek was, deur ‘n bakkie getref is. Met hul aankoms moes gevorderde paramedici deur ‘n skare beweeg om by die slagoffers uit te kom. Die pa het ernstige beserings, insluitend frakture, opgedoen. Sy 2-jarige dogter het noodlottige beserings opgedoen en is reeds op die toneel dood verklaar. Die beseerde man is op die toneel gestabiliseer voordat hy vir dringende, gespesialiseerde behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is.

Plaaslike verkeersowerhede en die polisie was op die toneel teenwoordig en ondersoek die omstandighede van die botsing.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief