2 leerlinge ná afsonderlike steekvoorvalle dood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG – ‘n Seun (17), ‘n gr. 8-leerling van Hoërskool Forest in Johannesburg, is oorlede nadat hy Vrydag ná skoolure ernstig aangerand en met ‘n skerp voorwerp gesteek is by ’n park naby die skool. Tydens ‘n aparte voorval is ‘n gr. 12-leerling van Hoërskool Daleview in Ennerdale doodgesteek terwyl hy op pad huis toe deur ‘n oop veld gestap het. Matome Chiloane, LUR vir Gauteng Onderwys, het sy skok en hartseer oor die voorvalle uitgespreek.

Steve Mabona, GDO-woordvoerder, sê die gr. 8 leerling is met ernstige beserings hospitaal toe geneem en is later na ’n ander hospitaal oorgeplaas, waar hy aan sy beserings beswyk het. Die omstandighede van beide voorvalle word deur die polisie ondersoek. Ondersteuningsdienste staan die leerlinge, opvoeders en families by.

Mabona sê geweld teen leerlinge, op of buite skoolpersele, is onaanvaarbaar. Die gemeenskap word versoek om saam met wetstoepassers te werk om te verseker dat die verantwoordelikes aan die pen ry en om kinders te help beskerm sodat skole veilige ruimtes vir leer en onderrig bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief