2 vlieëniers sterf in vliegtuigongeluk by Klipgat

Lees ook :

Foto's: Live Mixing Session With Dickzen Long en Dean Slater Facebook-bladsye

NOORDWES. – Twee vlieëniers het Woensdag tydens ’n ongeluk met ’n Sling 2-vliegtuig (registrasie ZU-LOW) by Klipgat gesterf. Foto’s van die oorledenes, wat vermoedelik deur die publiek geneem is, is op sosiale media gedeel.

Volgens Sisa Majola, woordvoerder van burgerlugvaartowerheid, sê aan Nuusflits die vliegtuig het van Grand Central-lughawe opgestyg met die bedoeling om daarheen terug te keer. Ondersoekers het met die lugverkeerbeheer gekonsulteer en bevestig dat daar geen noodoproep van dié ligte vliegtuig af gemaak is nie.

Die ondersoekafdeling vir ongelukke en insidente (AIID) het die ongelukstoneel vir bewyse deursoek. Die inligting sal deel wees van ’n voorlopige verslag van die ongeluk wat binne 30 dae vrygestel sal word.

Meegevoel is deur die AIID aan die families, vriende en kollegas van die oorlede vlieëniers betuig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief