20 Discovery Insure-kliënte se persoonlike inligting in gedrang

Lees ook :

(Foto Verskaf: Discovery)

Discovery sê ‘n “data-oortreding” waaroor op Twitter/X berig word, is ‘n geïsoleerde insident.

Sygnia se uitvoerende hoof, Magda Wierzycka, was een van die geraakte kliënte wat oor die data-oortreding op Twitter/X gekla het.

Volgens die e-pos wat Wierzycka ontvang het, het Discovery gesê ‘n bedrieër het hul inbelsentrum gebel en persoonlike inligting aangevra.

“’n Deeglike ondersoek het getoon dat die bedrieër waarskynlik persoonlike inligting van historiese derdeparty-data-oortredings verkry het, insluitend kredietburo’s (2020), boodskapplatforms (2024) en ander data-insamelingstegnieke.”

Dit het die bedrieër in staat gestel om Discovery se identifikasie- en verifikasiestelsel te omseil. Die saak is aan die Insurance Crime Bureau en SABRIC gerapporteer en forensiese spesialiste is aangestel om die ondersoek voort te sit.

Die bedrieër het die kliënte se name en vanne, woonadresse, identiteitsnommers, selfoonnommers, e-posadresse en besonderhede van items wat deur die polisse gedek word, verkry.

Ten spyte daarvan dat Wierzycka gesê het sy sal haar polisse by Discovery kanselleer, was dit nogsteeds gesê dat dit ‘n geïsoleerde geval was.

Discovery het bygevoeg dat die bedrieër reeds toegang tot baie van hierdie inligting gehad het, wat hulle in staat gestel het om die identifikasie- en verifikasiestelsel te omseil.

Die kennisgewing van Discovery kan hieronder gevind word:

Verskaf: Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia

Bronne:
Discovery, Magda Wierzycka, BusinessTech

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief