FEZ, MAROKKO. – Altesaam 22 mense is oorlede en 16 is beseer nadat twee geboue gister in Fez, Marokko, ineengestort het.
Lees ook: Aardbewing tref naby Springbok in Noord-Kaap
Volgens die aanklaerskantoor in Fez was een van die geboue leeg, maar ‘n byeenkoms om die geboorte van ‘n kind te vier, was aan die gang in die ander gebou tydens die ineenstorting.
Reddingswerkers is steeds op die toneel besig om mense wat moontlik vasgekeer is op te spoor.
Die aanklaerskantoor het gesê dit het ‘n ondersoek begin om die oorsaak van die ineenstorting te bepaal.
Bronne: BBC, Sky News, PBS





