28 skoolleerlinge in minibustaxi in botsing beseer

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Ambulance Service

KWAZULU-NATAL. – Altesaam 28 skoolleerlinge is vanoggend beseer toe ‘n bakkie en ‘n minibustaxi op die R56 naby Pietermaritzburg in ‘n ongeluk betrokke was.

Volgens Craig Botha, woordvoerder van KwaZulu Private Ambulance Service, het die taxi die skoolkinders vervoer toe die voorval gebeur het. Dié diens se paramedici het hul onmiddellik na die toneel gehaas om nood-mediese behandeling aan al die beseerde kinders te verskaf. Ná al die kinders op die toneel gestabiliseer is. is hulle vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Die oorsaak van die botsing word nog ondersoek.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief