KYK: Nagemaakte goedere van R400 miljoen gevind

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Namaakte goedere van ’n geraamde straatwaarde van R400 miljoen is Dinsdag by ’n vragdepot in Edwin Swales, suid van Durban, deur polisiebeamptes gevind.

Volgens kol. Robert Netshiunda het die polisie in ‘n roetine-vragprofilering op die goedere afgekom. Twee houers wat bedrieglik as meubels verklaar is, het nagemaakte ontwerperskleredrag, juweliersware en kombuisware bevat. Voorlopige ondersoeke dui aan dat die houers vanaf ‘n Asiatiese land Suid-Afrika binnegekom het en dat dit vir Alberton en sentraal-Johannesburg bestem was.

Ondersoeke is aan die gang om moontlike verdagtes te identifiseer wat vir die invoer van die nagemaakte goedere verantwoordelik is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief