3 VSA-soldate dood in Teheran se vergeldingsaanval

Lees ook :

Mense kyk hoe rook oor die stadshorison opstyg ná ’n ontploffing in Teheran, Iran, op 28 Februarie 2026. Foto bron: MilitaryTimes

Iran se Revolusionêre Wag het ’n intense vergeldingsveldtog, Operasie Epic Fury, op VSA- militêre installasies regoor die Midde-Ooste van stapel gestuur ná die dood van ajatolla Ali Khamenei. Vyf VSA-soldate  is ernstig gewond en drie is dood, terwyl verskeie ander ligte skrapnelbeserings en harsingskudding opgedoen het.

President Trump van die VSA het ’n waarskuwing aan Iran gerig dat die VSA “Iran sal tref met ’n mag wat nog nooit tevore gesien is nie” indien Iran vergelding neem ná die dood van hul opperleier en nie ophou met vergeldingsaanvalle nie.

Daarteenoor het Iran het pas gesê hulle gaan  baie hard terugslaan, het Trump in ’n plasing op Truth Social gesê.

In Teheran se vergeldingsaanvalle op Sondag is ’n olietenkskip langs die kus van Oman getref. Verder is een persoon in Abu Dhabi dood nadat ’n hommeltuig oor die lughawe onderskep is.

Bronne: BBC News en MilitaryTimes

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief