OOS-KAAP. – Vier jongmense, drie mans en ‘n vrou, is Maandagaand in Kwazakele doodgeskiet. Die polisie het ‘n grootskaalse soektog na verdagtes geloods.
Luidens ‘n verklaring van brig. Nobuntu Gantana, provinsiale polisiewoordvoerder, is Kwazakele-polisiebeamptes kort ná 21:00 na ‘n klagte in Tonjenistraat. Met aankoms by die adres is die beamptes na ‘n buitekamer agter op die perseel geneem, waar die liggame van die jongmense gevind is. Al vier het verskeie skietwonde gehad. Die motief vir die skietery is nog onbekend en nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.lt.kol. Mondi Sitole by 082 457 2812 te bel.





