Ferrari-bestuurder ry glo 208 km/h in ‘n 120 km/h-sone

Lees ook :

Foto's: KZN Departement van Vervoer

KWAZULU-NATAL. – Amir Abbas Bighash, die bestuurder van ’n Ferrari F8 Spider, is in hegtenis geneem nadat hy glo teen 208 km/h in ’n 120 km/h-sone naby Park Rynie betrap is.

Ndabezinhle Sibiya, woordvoerder vir Siboniso Duma, die LUR vir vervoer en menslike nedersettings in die provinsie, sê die inhegtenisneming het tydens die provinsiale #NenzaniLaEzweni-operasie plaasgevind. Volgens Sibiya het die padverkeersinspektoraat (RTI)-span van Park Rynie die voertuig voorgekeer en die bestuurder in hegtenis geneem.

Hy het Maandag op aanklagte van ‘n spoedoortreding en die versuim om nommerplate en ‘n lisensieskyf te vertoon in die Scottburgh-landdroshof verskyn. Daarbenewens het hy ’n uitstaande lasbrief gehad waarvoor hy R5 100 betaal het, benewens borgtog van R3 000. Hy sal weer op 16 Maart saam met sy prokureur in die hof verskyn.

Duma het beklemtoon dat niemand bo die reg is nie en dat die departement voortgaan om streng teen roekelose bestuur, spoed en dronkbestuur op te tree.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

2 Responses

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief