4 oorleef nadat motor van brug af in rivier beland

Lees ook :

Foto: Reaction unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Vier mense het wonderbaarlik ernstige beserings vrygespring nadat die motor waarin hulle gereis het, Saterdagaand van ‘n brug in Buffelsdraaiweg in ‘n rivier beland het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê sy beheersentrum het omstreeks 23:30 ‘n noodoproep ontvang, waarna reaksiebeamptes na die toneel is. Met hul aankoms is verskeie voertuie en omstanders op die brug aangetref. Die wrak was nie van die pad af sigbaar nie en hulle is na die voertuig se ligging onder die brug gewys. Nadat beamptes teen die wal afgeklim het, het hulle twee mans nog in die voertuig aangetref. Die bestuurder het ‘n beenbesering opgedoen, terwyl die passasier se been onder die voorste passasiersitplek vasgekeer was. Twee vroue wat ook in die voertuig was, het reeds daarin geslaag om uit die motor te klim en is bo-op die brug aangetref.

Volgens die bestuurder het ‘n wit Toyota-dubbelkajuitbakkie teen hul swart Toyota Yaris gebots, waarna beheer oor die voertuig verloor is. Die motor het teen die wal afgerol en uiteindelik in die rivier tot stilstand gekom. Brandweerpersoneel het later die vasgekeerde passasier uit die wrak bevry. Die omstandighede van die botsing word ondersoek.

Screenshot

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief