KWAZULU-NATAL. – Vier studente is vanoggend (Vrydag) in ‘n ongeluk beseer, van wie een kritiek, toe ’n voertuig in Clelandweg beheer verloor en verskeie kere gerol het.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die ongeluk het omstreeks 08:30 plaasgevind toe die luikrugvoertuig, met vier studente op pad na klasse, van die pad af gery en verskeie kere gerol het voordat dit teen ‘n wal af in ’n dreineringsisteem op ‘n konstruksieterrein tot stilstand gekom het.
Paramedici het een student met lewensgevaarlike kopbeserings behandel en op die toneel met gevorderde tegnieke gestabiliseer om sy lugweg te beskerm. Die ander drie het ernstige beserings opgedoen, insluitend moontlike ruggraatbeserings en frakture. Al vier beseerdes is na hospitale vervoer vir verdere behandeling.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.





