4 vas ná vind van vuurwapens en gekaapte voertuig

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Vier verdagtes tussen 22 en 26 jaar is in hegtenis geneem nadat drie ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en ’n voertuig wat na bewering gekaap is, tydens ’n multidissiplinêre operasie in Danville, Pretoria-Wes, gevind is.

Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, sê die operasie is Woensdag uitgevoer. Die polisie het ’n Nissan Micra onderskep wat vermoedelik in ernstige en geweldsmisdade gebruik is. Al vier insittendes is in hegtenis geneem.

Tydens ’n deursoeking van die voertuig is drie ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie, vals nommerplate, gevlekte geld en selfone gevind. Die voertuig is ook vir verdere ondersoek gekonfiskeer. ‘n Ondersoek duur voort om vas te stel of hulle met ander ernstige en geweldsmisdade verbind kan word.

Die vier verdagtes sal na verwagting vandag in die Pretoria-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief