59-Jarige tot 13 jaar tronkstraf gevonnis

Lees ook :

NOORD-KAAP – ‘n 59-jarige man van Brandvlei is gevonnis tot 13 jaar tronkstraf vir poging tot verkragting en oortreding van ‘n beskermingsbevel. Die beskuldigde is verlede week deur die Calvinia-streekhof gevonnis. Hy is soos volg gevonnis: 10 jaar tronkstraf vir poging tot verkragting en drie jaar vir die oortreding van die beskermingsbevel.

In 2018 het die beskuldigde in die slaapkamer van ‘n 76-jarige vrou wat vermoedelik sy skoonma is, ingestorm, haar aangeval en gepoog om haar te verkrag. Tydens die insident het hy stemme na die huis toe hoor kom en het te voet van die toneel af gevlug.

Die beskuldigde is in hegtenis geneem nadat die slagoffer die polisie in kennis gestel het oor die voorval. Tydens die ondersoek het dit geblyk dat die slagoffer ‘n beskermingsbevel teen die beskuldigde gehad het. Brig. Francis Hender van Namakwa het die ondersoekbeampte geprys vir die uitstekende werk deur te verseker dat die beskuldigde ‘n minimum tronkstraf sal uitdien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief