Twee verdagtes gearresteer vir besit van onwettige vuurwapen

Lees ook :

Die Noord-Kaapse provinsiale misdaadtaakspan en lede van georganiseerde misdaad het ’n 24-jarige vrou en 27-jarige man vasgekeer vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Die twee is die naweek op Batlharos-dorp naby Kuruman in hegtenis geneem, nadat inligting ontvang is oor ‘n moontlike onwettige vuurwapen in die besit van die verdagtes. ‘n 9mm-pistool, ammunisie en kabelbande, insluitende handboeie, is in die huis van die verdagtes weggesteek gevind. Die verdagtes gaan vandag in die Mothibistad-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Die cluster commander van John Taolo Gaetsewe, maj.-genl, Johan Bean, het die misdaadtaakspan, misdaadintelligensie en georganiseerde misdaad geprys vir hulle toewyding vir die verwydering van ‘n vuurwapen uit die hande van misdadigers.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief