Polisie besoek FiND iT

Lees ook :

Van links, agter: Christine Kompe, administrateur by SAPD, Tania Coetzee, fotograaf van FiND iT, kapt. TC Litabe, konst. Merapelo Pilane, brig. Mohale Ramatseba, kapt. Olebogeng Tawana, Michael Hawthorne, verslaggewer by FiND iT, lt. kol. Dimakatso Mooi; voor: Kayla Vermeulen en Charné van der Merwe, verslaggewers by FiND iT en kapt. Sergio Kock.

KIMBERLEY. – Die polisie se korporatiewe kommunikasie-afdeling het FiND iT se nuwe kantore by die GWK-gebou op die N12 besoek.

Brig. Mohale Ramatseba, hoof van die provinsiale korporatiewe kommunikasie-afdeling, sê hy sien uit daarna om ‘n positiewe verhouding met die FiND iT-mediahuis te bou.

“Ons wil saamwerk om Kimberley beter te maak en ons vat hande om verhoudinge te versterk,” sê Ramatseba.

Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT, sê dit was ‘n eer om die polisielede by hulle te ontvang.

“Ons sien die polisie as ‘n integrale deel van ons gemeenskap en werk graag saam om die werk wat die lede doen, te ondersteun.”

Grobbelaar sê FiND iT sal meer sulke inisiatiewe aanpak om lede van die gemeenskap, die polisie en ander instansies beter te leer ken.

Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT en brig. Mohale Ramatseba by FiND iT se nuwe kantore.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App