6 198 mense in SA tussen April en Junie vermoor

Lees ook :

6 198 mense vermoor in Suid-Afrika tussen April en Junie
6 198 mense vermoor in Suid-Afrika tussen April en Junie fotokrediet: Canva

Lees ook: Vier verdagtes dood in skietery met polisie

‘n Totaal van 6 198 mense is in Suid-Afrika tussen April en Junie vanjaar vermoor.

Die nasionale minister van polisie, Senzo Mchunu, het vanoggend die misdaadsyfers bekendgemaak.

Meer as 9 300 sake van verkragting is aangemeld, asook meer as 5 400 kapings en 36 transitorooftogte. 91 gevalle van verkragting is by skole aangemeld, terwyl 12 moorde op skoolgronde plaasgevind het. Nege plaasmoorde is in die tydperk aangegee.

Daar was 135 ontvoerings vir lospryse in die eerste kwartaal van die jaar – 81 in Gauteng en 15 in KZN.

Die vier provinsies met die meeste moorde was die Wes-Kaap, Noord-Wes, Oos-Kaap en Limpopo. Gevalle van massaskietery is in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap aangemeld.

Bronne: IOL, The Citizen, SABC

Lees ook: Vier verdagtes dood in skietery met polisie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief