WES-KAAP. – Ses jong leerlinge van Klein Boishaai (Paarl Boys’ Primary School) gaan Sondagoggend om 07:30 ‘n ikoniese en uitdagende 7,5 km oopwater-swem van Robbeneiland na Bloubergstrand aanpak. Luke Simpson, Mateo Schoeman, Nicholas Kirsten, Nicholas Coetzee, Malan Basson en Wynand Grobler is die langasem-swemmers.
Volgens Carike Dewey, in ’n BackaBuddy-profiel, is die swem deel van fondsinsameling deur die Tebbie Terblanche Trust, waarvan die enigste begunstigde dié betrokke skool is. Die huidige swembad beperk die ontwikkeling van swem- en waterpolo-programme en ’n nuwe, groter swembad is noodsaaklik om atletiese dissipline, spanwerk en gesonde kompetisie vir leerlinge te bevorder. Hierdie beoogde swem simboliseer nie net fisiese uithouvermoë nie, maar ook die gemeenskap se toewyding aan die toekoms van atletiek en watersport by die skool.
Die publiek word aangemoedig om die jong leerlinge te ondersteun deur by te dra via BackaBuddy. Alle ingesamelde geld gaan direk vir die uitbreiding van die swem- en waterpolo-programme by Klein Boishaai.
Meer as R200 000 van die beoogde R500 000 is reeds vir die projek ingesamel.
Druk hier om meer te lees.





