KYK: Transitorooftog op video vasgevang – polisie soek verdagtes

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORDWES. – Die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná ’n transitorooftog Maandagmiddag omstreeks 16:40 in Old Geelhout Park, Rustenburg.

Volgens kol. Adéle Myburgh was veiligheidspersoneel met ’n geldwa in Kremetartstraat onderweg, toe ’n Toyota Fortuner teen die bestuurderskant gebots het. Die geldwa is tot stilstand gedwing en daarna deur ’n Toyota Hilux Legend-dubbelkajuit versper en verhinder om verder te ry. Ongeveer 15 gewapende verdagtes het glo die wagte oorrompel, hulle uit die voertuig gehaal en gedwing om op die grond te lê.

Een wag is ontwapen, waarna die verdagtes toegang tot die geldwa verkry en ’n onbekende bedrag kontant gebuit het. Die geldwa en die Toyota Fortuner is aan die brand gesteek en verskeie skote is tydens die voorval afgevuur. Die verdagtes het gevlug. Geen beserings is aangemeld nie.

Enigiemand met relevane inligting word gevra om na vore te kom. Die publiek word versoek om nie die verdagtes te nader nie, aangesien hulle gewapen is en as gevaarlik beskou word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief