Dr. Leon Schreiber, minister van binnelandse sake, sê reeds meer as 63 000 mense het hul Smart ID’s binne sowat vyf minute by banktakke vervang sedert die stelsel ses weke gelede in werking gestel is. Daar kan reeds by 146 banktakke van Capitec, Standard Bank en FNB regoor die land aansoek gedoen word.
Die departement van binnelandse sake sê met die nuwe samewerkingsooreenkoms is dit nou baie makliker vir mense om hul Smart ID-kaarte te kry. Geen afsprake en geen papierwerk nie. Die diens geld tans vir mense wat van ’n groen ID-boek na ‘n Smart ID oorskakel, vir heruitreikings, asook vir sekere permanente inwoners en genaturaliseerde burgers.
Druk hier om meer te lees en te sien waar jy van die diens gebruik kan maak.





