7 verdagtes in hegtenis – beslag gelê op 8 onwettige vuurwapens

Lees ook :

Foto: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Sewe verdagtes is vanoggend (Maandag) in die Maphumulo-polisiëringsgebied tydens ’n intelligensiegedrewe operasie in hegtenis geneem. Daar is op agt onwettige vuurwapens beslag gelê, waarvan een vermoedelik aan die polisie behoort. Nog twee vuurwapens waarop beslag gelê is, het wel reeksnommers op gehad.

Polisiewoordvoerder Priya Nunkumar sê in ‘n verklaring die beplande operasie, wat gefokus het op ernstige misdade soos kontant-in-transito-rooftogte, poging tot moord, veediefstal en kapings, het die polisie na ’n woonplek in die Masiwela-nedersetting gelei. Tydens die optrede het ’n 30-jarige verdagte op die polisie losgebrand voordat hy van die toneel gevlug het.

Die polisie het sewe ander verdagtes, tussen 25 en 65 jaar oud, in hegtenis geneem en op agt onwettige vuurwapens – wat onder meer ’n AK47-aanvalsgeweer, asook ’n R5-geweer wat vermoedelik aan die polisie behoort, drie pistole, twee .303-gewere, ’n haelgeweer – en 53 lewendige rondtes ammunisie insluit, beslag gelê. Taktiese reaksiespanne van KwaDukuza, Empangeni en Ulundi het gehelp met die inhegtenisnemings deur die ILembe-distrik.

Die verdagtes sal op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en onwettige besit van ammunisie in die Maphumulo-landdroshof verskyn. Die soektog na ’n agtste verdagte duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief