Die grasietydperk om rybewyse te hernu sal nie verleng word nie, ondanks ’n agterstand van meer as ’n halfmiljoen rybewyse.
Maroela Media berig die grasietydperk geld vir motoriste wie se rybewyse tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2021 verval het, en is ingestel weens die Covid-19-pandemie.
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Maandag volgehou die sperdatum verstryk teen 31 Maart.
Volgens Mbalula is sy departement op koers om die agterstand uit te wis.
Die masjien wat motoriste se rybewyskaarte vervaardig, was vir lank in Duitsland om herstel te word nadat dit in November verlede jaar gebreek het.
’n Digitale stelsel vir die hernuwing van bestuurderslisensies is verlede maand in werking gestel.
Sedertdien is altesaam drieduisend-ses-honderd-een-en-veertig transaksies suksesvol verwerk, het Mbalula gesê.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.





