Hooggeplaasde in hof in Kby na hy glo sy eie dogter molesteer, verkrag

Lees ook :

‘n Hooggeplaasde het vandag vir die tweede keer in die hof in Kimberley verskyn op aanklagte daarvan dat hy sy eie dogter tussen 2002 en 2017 gemolesteer, verkrag en seksueel aangerand het.

Die man, wat al voorheen vir bedrog in hegtenis geneem is en tronkstraf uitgedien het, het glo sy dogter van die ouderdom van ses jaar af seksueel misbruik.

Hy word nou deur vyf aanklagte van seksuele mishandeling en verkragting in die gesig gestaar.

Volgens die klagstaat het die voorvalle het tussen 2002 en 2017 plaasgevind. Verskeie voorvalle het glo in die Noord-Kaap plaasgevind en ander in Kaapstad.

Die saak is tot 31 Oktober uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief