Pa los 7-jarige seun alleen op Berg Foedji

Lees ook :

Foto ter illustrasie: Canva

JAPAN. – ’n Pa (48) in Japan is deur die polisie berispe nadat hy sy 7-jarige seun alleen op Berg Foedji gelos het terwyl hy voortgegaan het om na die bergpiek te klim.

Volgens die Japan Times het die seuntjie vir sy pa by die berg se sesde stasie gesê hy is moeg. Die sesde stasie is op ’n hoogte van meer as 2 000 meter geleë. Sy ouer broer was reeds vorentoe en die pa het toe glo vir die 7-jarige gesê hy moet daar wag en het saam met sy ander seun (13) aangehou klim.

Die seun is na beraming so vroeg soos 04:30 die oggend alleen gelos, gebaseer op tipiese wandeltye tot by die agtste stasie.

’n Werker by ’n berghut het die seuntjie omstreeks 07:40 alleen op ’n bankie sien sit, hom na binne geneem en die polisie geskakel. Volgens Yahoo News het dit begin reën en het mis toegesak toe die kind gevind is.

Die seun is nie beseer nie. Teen die tyd wat die polisie sy pa opgespoor het, was hy al naby die agtste stasie, ongeveer drie uur se stap verder op die berg.

GB News berig die polisie het die vader skerp gekritiseer toe hy en sy seun herenig is.  

Die pa het glo berou getoon en gesê dat dit ’n haastige besluit was. Die seun het na bewering lekkergoed en ’n koeldrank by hom gehad.

Berg Foedji is Japan se hoogste berg en trek jaarliks tussen 200 000 en 300 000 wandelaars gedurende die somermaande.

Bronne: The Japan Times, Yahoo News, GB News, SoraNews24, Men’s Journal, ABC45

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief