Baba dood toe ma glo van staatskliniek weggewys word

Lees ook :

Fotokrediet FlyingNews

‘n Baba is gister na bewering dood omdat die ma glo hulp van die staatskliniek in Tshifudi Village, Limpopo, geweier is.

Sy het haar na bewering met haar babaseun na die kliniek in Limpopo gehaas vir hulp waar sy weggewys was. Daar is glo vir haar gesê om haar eie vervoer te reël omdat daar nie ‘n ambulans beskikbaar was en dat sy self die baba na die Donald Fraizer-hospitaal, wat 10 kilometer verder is, moes neem.

Die baba is blykbaar dood terwyl sy nog vir vervoer gesoek het.

Later het nog vyf persone na vore gekom en beweer hulle het ook probleme by dieselfde kliniek ondervind met pasiënte wat besig was om glo te sterf, terwyl hulle gewag het vir hulp van noodambulanse. Hulle is glo weggewys van regeringsfasiliteite en selfs beveel om eers die volgende dag terug te keer vir hulp.

Neil Shikwambane, woordvoerder vir die departement van gesondheid in Limpopo sê: “Ons het die kwessie via sosiale media opgetel en het dadelik ‘n span gestuur om ondersoek in te stel. Ons is tans besig om dit te ondersoek en sal ‘n volledige verklaring gee sodra ondersoeke afgehandel is.”

Bron: FlyingNews

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief