Leerder sterf tydens seminaar

Lees ook :

Fotokrediet: Sekondêre Skool Michael Modisakeng se Facebook-blad

‘n Graad 11-leerder het tydens ‘n seminaar verdrink.

Amogelang Mokoena (21) van die Sekondêre Skool Michael Modisakeng op Brits het Saterdag in ’n swembad verdrink. 

Hy het na bewering tydens middagete ongesiens in die swembad gespring terwyl die ander seuns sokker gespeel het.

Die seminaar wat deur die departement van onderwys gereël was, is by die Sparkling Waters-hotel naby Rustenburg aangebied.

Kwessies soos geslagsgebaseerde geweld, afknouery en tienerswangerskappe is bespreek.

“Ek is gisteraand gebel en het sy ouers na die toneel geneem waar hy dood verklaar is.

“Mag ons vriendelik die boodskap versprei dat ons as opvoeders en leerders Dinsdag by die skool vir verdere reëlings en beplanning ontmoet. Mag sy siel in vrede rus.

“Ek is nou op pad om met die LUR te vergader sodat hulle die familie kan ontmoet,” sê Tshwenyego Mokhukhwane, skoolhoof van Sekondêre Skool Michael Modisakeng.

Hy het gesê alle opvoeders, leerders en belanghebbendes sal Dinsdagoggend om 09:00 by die skool vergader.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief