P.W Botha se dogter Rozanne oorlede

Lees ook :

Fotokrediet: Die Suid-Afrikaanse legendesmuseum

Rozanne Botha het Sondagmiddag haar stryd teen kanker verloor.

Die Suid-Afrikaanse legendesmuseum het dié nuus op hul Facebook-blad bekendgemaak.

Rozanne is een van P.W Botha se vyf dogters.

Rozanne het haar kankerstryd op haar Facebook-blad gedeel en in haar laaste inskrywing op 16 September het sy gevra dat mense moet bid vir ‘n wonderwerk.

Sy het in die laat 1980’s bekendheid verwerf met haar Afrikaanse treffers.

Haar debuutalbum is in 1989 uitgereik en In 1994 het sy die treffer Kan ‘n man dan nie op die TV-program Skokiaan gesing. Sy was ook ‘n gereelde kunstenaar op die jaarlike Sanlam-musiekfees wat op TV4 uitgesaai is.

Sy word oorleef deur haar man, Schalk Visagie, ‘n seun en ‘n dogter.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief