Video: Roedtan-optog na landdroshof oor plaasmoord vind nou plaas

Lees ook :

Fotokrediet skermskoot video Willem Petzer

Willem Petzer, openbare figuur, het hierdie video op sy Facebook-blad gedeel.

Is jy daar?

Boere en die gemeenskap ruk vreedsaam op na Roedtan-landdroshof waar die vermeende moordenaars wat plaaseienaar Nicky Janse van Rensburg en sy mense, oorval, aangeval, hom gruwelik met ‘n pyp geslaan en hom toe teregstellingstyl doodgeskiet het, 09:00 in die hof verskyn.

Petzer, openbare figuur, het drie dae gelede ‘n videoplasing gemaak van die beplande optog, gereël deur Hendrik Botha, voorsitter van Roedtan-Suid se Boerevereniging.

Die aanval het op Vrydag 7 Oktober op die plaas Derde Kraal in Roedtan, Waterberg-distrik, in Limpopo gebeur.

Na bewering het verdagtes met ‘n wit Toyota Corolla op die plaas aangekom en ‘n jong man wat daar was, oorval en vasgebind. Terwyl hy in die huis bewaak is, het van die verdagtes Nicky en Katryn Grobler, sy lewensmaat, ingewag. Hulle is ook oorval, vasgemaak en eise vir geld en wapens is gemaak, waarna Nicky doodgeskiet is. ‘n Plaaswerker het die volgende oggend die hulpkrete gehoor, waarna die polisie ontbied is.

Verskeie arrestasies is gemaak terwyl die ondersoek voortduur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief