Kyk: Optog na Roedtan-landdroshof beplan ná moord op plaasboer

Lees ook :

Fotokrediet Heritage Protection Group

Willem Petzer, openbare figuur, het vroeër vandag ‘n videoplasing gemaak van ‘n beplande optog na die Roedtan-landdroshof na die wrede moord op plaasboer Nicky Janse van Rensburg.

Nicky is op Vrydag 7 Oktober op die plaas Derde Kraal in Roedtan, Waterberg-distrik, in Limpopo na bewering eers gemartel deurdat hy met ‘n staalpyp geslaan is en daarna doodgeskiet.

Verdagtes het met ‘n wit Toyota Corolla op die plaas aangekom en ‘n jong man wat daar was, oorval en vasgebind. Terwyl hy in die huis bewaak is, het van die verdagtes Nicky en Katryn Grobler, sy lewensmaat, ingewag. Hulle is ook oorval, vasgemaak en eise vir geld en wapens is gemaak, waarna Nicky doodgeskiet is. ‘n Plaaswerker het die volgende oggend die hulpkrete gehoor, waarna die polisie ontbied is.

“Hendrik Botha, voorsitter van Roedtan-Suid se Boerevereniging, reël ‘n opmars na die Roedtan-landdroshof, wat op 24 Oktober sal plaasvind.”

“Indien jy beplan om deel van die mars te wees, moet jy reeds 08:00 vir 09:00 daar wees.”

Petzer het te kenne gegee dat hy self daar sal wees.

“Organiseerders vra dat swart kruise op ‘n voertuie gesit word. Die organiseerders sal die opmars goed georganiseerd hou. Geen moeilikheid word verwag nie.”

Petzer vra dat die video gedeel word sodat ‘n groot groep mense betrokke raak, omdat aksie beter is as praat.

Hy verduidelik dat die boodskap wat deur die opmars uitgebeeld sal word, wyer as Suid-Afrika se grense versprei moet word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief