Kyk: Jong man staan vir vriend op teen rassisme

Lees ook :

Fotokrediet skermskoot van video Siphiwe Basoh Mabaso

Hierdie video maak opslae op sosiale media nadat ‘n jong man vir sy vriend teen vermeende rassisme opgestaan het.

Donderdagaand het ‘n groep jong vriende gekuier en kroeë in Kaapstad besoek. Dit is toe hulle Hank’s Olde Irish, ‘n kroeg in Breestraat, binnegaan wat dinge gebeur het.

Die vriende, Thabiso Danca, Christopher Logan en nog ander het in daardie stadium nie die kroeg as ‘n groep binnegegaan nie, maar een op ‘n keer agter mekaar ingestap.

‘n Uitsmyter (bouncer) by die deur het glo vir Thabiso voorgekeer en gesê dat hy nie op die perseel toegelaat kan word indien hy nie deur ‘n wit persoon vergesel is nie en dat dit in lyn is met die kroeg se reg van toegang. Christopher het nie op hom laat wag nie en die eienaar van die kroeg gekonfronteer.

Danca het intussen ‘n klagte by die polisie aangemeld en beplan om die Menseregtekommissie ook te nader.

Die kroeg het intussen gesê dat hulle nog nooit iemand weggewys het op grond van ras of kleur nie en dat hul ook ‘n interne ondersoek gaan loods.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief